Eikestad ondersteunersklub

Eikestad ondersteunersklub2018-11-07T13:58:48+00:00

Raak betrokke by Laerskool Eikestad deur ‘n aktiewe lid van die ondersteunersklub te word. Die hoofdoel hiervan is om ‘n gees van samehorigheid te skep en fondse ten bate van sport te genereer.

Ons wil die breë Eikestad-gemeenskap, mans en vrouens, deel maak van dié klub. Word deel van die Eikestad Familie deur deelname aan al ons aktiwiteite!

Hoe?

  • Eikestad (ondersteuners, ouers en besighede) betaal ledegeld per jaar (sluit ondersteuningsbaadjie in).
  • Skenkings / Donasies
  • Fondsinsamelings / Funksies

Voordele:

  1. Klubbaadjie vir mans en vrouens.
  2. Toegang tot die aktiwiteitsentrum tydens en na afloop van tuiswedstryde:
  3. Uitnodiging na alle fondsinsamelingsgeleenthede van die skool.

Voltooi onderstaande skakel om deel te word: https://goo.gl/forms/0Exyx4tFZNlzrIw02

Vir meer inligting kontak die sportkantoor.