Die pragtige klanke van viool, blokfluit, tjello, saksofoon, klarinet, dwarsfluit,
kitaar, ukulele, klavier en sang vul die gange van ons skool van vroeg soggens tot saans.
Orkeste, kore en Redenaars rond hierdie prentjie van kultuurkeuses af.

Die skool bied tans die volgende kultuur aktiwiteite aan:

Eike Orkes

Orkesleier: Mariëtte Schumann
Orkeshulp: Theresa van der Merwe

Orkesgrootte
20 tot 30 musiekleerlinge
Graad 4 tot graad 7

Toelatingsvereistes
Eie instrument (Strykinstrumente: Viool, Altviool, Tjello, Kontrabas; Houtblaasinstrumente: Dwarsfluit, Blokfluit, Klarinet, Saksofoon, Hobo, Fagot; Koperblaasinstrumente: Trompet, Tromboon, Tuba en Slaginstrumentaliste.)

Klavierspelers sal ‘n Orff-instrument toegewys word. (Glockenspiel; Metallofoon; Xilofoon, Basstawe ) Daar is ook drie marimba,s (Alt, Tenoor en Bas) wat gespeel kan word.

‘n Oudisie word gespeel as daar nie UNISA, ABRSM of Trinity eksamenuitslae is nie. Musiekonderwysers mag ook n aanbeveling maak vir geskiktheid. Dit is ‘n uitgesoekte groep wat as aansporing dien vir ander musiekleerders om die standard te bereik en dan saam te speel.

Oefentye
Donderdae 17:00 tot 19:00 in die Saal
Eerste Saterdag van onderskeidelik die tweede- en derde kwartaal sal die Eike orkes ‘n slypskool hou en in die skoolsaal bymekaar kom om nuwe stukke te bestudeer.

Optredes
Skoolfunksies: Net voor Stellenbosch Eisteddfod: optrede in die saal.
Kultuur-uitruil met Rhenish Primary, Paasdiens en Dankdiens aan die einde van die jaar.
Kunswedstryde: Stellenbosch Kunswedstryd

Kommunikasie
Skoolkommunikeerder vir optrededatums en weeklikse oefeninge.
Whatsapp groepe.

Akkerkoor (Juniorkoor)

Die Akkerkoor bestaan uit leerders van Gr. 1-3.
Slegs leerders wat oudisies geslaag het, kan lid word van die koor.

Oefentye:
Dinsdae en Donderdae: 13:15 – 14:00 (Aktiwiteitsentrum)

Koorleidster:
Marlie Katzke

Koorbestuurder:
M. Vosloo
mvosloo@eike.co.za

Eikekoor (Seniorkoor)

Die Eikekoor bestaan uit leerders van Gr. 4 –7.
Slegs leerders wat oudisies geslaag het, kan lid word van die koor.

Oefentye:
Maandae en Woensdae:  13:30 – 14:30  (Skoolsaal)

Koorleidster:
Marlie Katzke

Koorbestuurder:
M. Vosloo
mvosloo@eike.co.za

Privaat Musiekonderrig

Musiek vorm ‘n integrale deel van die samelewing en die waarde en betekenis wat musiek tot ‘n kind se opvoeding as ook ontwikkeling voeg, kan nie genoeg beklemtoon word nie.

Die volgende verskeidenheid musiekkursusse word by Eikestad aangebied:

  • Klavier vanaf Graad 1
  • Viool vanaf Graad 1
  • Tjello vanaf Graad 1
  • Dwarsfluit vanaf Graad 4
  • Saxofoon vanaf Graad 4
  • Klarinet vanaf Graad 4
  • Kitaar vanaf Graad 4
  • Blokfluit vanaf Graad 1
  • Sang vanaf Graad 1
  • Musiekoriëntasie Graad R
  • Slagorkes Graad 1,2 en 3

Sien Kommunikeerder, onder Bronne, ivm fooie.

Redenaars

Redenaars by Laerskool Eikestad is ‘n lewendige en dinamiese komponent van Eikestad Kultuur.

Ons missie is om goeie taalgebruik onder leerders te bevorder. Ons skep ook die geleentheid om voor openbare gehore ‘n toespraak te lewer – voorwaar ‘n vaardigheid wat ‘n leerder lewenslank sal baat.

Interne kompetisies word ter voorbereiding aangebied. Kompetisies soos die ATKV, Oppie Tong Af en Radikale Redenaars bied aan redenaars die geleentheid om plaaslik sowel as Nasionaal deel te neem.

Ons graad 3 tot 7-leerders ontwikkel ook op hierdie wyse hul selfvertroue en leierseienskappe.

Wat jy moet weet:
Een toespraak per leerder per jaar word gebruik. Buite-afrigting is by die skool beskikbaar. Riglyne en belangrike datums word deur die redenaarshoof aan ouers gekommunikeer.

Kontak:
Rouxlani Bence
rbence@eike.co.za