Die verrykingsprogram het in 2015 ’n aanvang in Laerskool Eikestad geneem as die ontwikkelingsprogram. Na afloop van 2015 het ons egter besluit om die naam te verander na die verrykingsprogram omdat dit ‘n beter beskrywing van die waarde daarvan is.
Hierdie program verryk kinders se lewens deur hulle die geleentheid te gee om vaardighede aan te leer wat hulle in die toekoms kan gebruik. Dit vereis ook dat leerders betrokke is by die skool en gemeenskap. Hulle lewens word dus verder verryk deur te gee aan die skool en die gemeenskap.
Die verrykingsprogram is ‘n vrywillige program waaraan graad 6-leerders kan deelneem. Dit is nie prestasiegedrewe nie, maar eerder daarop gemik om kinders lewensvaardighede aan te leer wat blywende waarde het. Dit bestaan uit drie afdelings naamlik:
1. Selfontwikkeling – om iets nuuts te leer;
2. Diens in die skool en gemeenskap;
3. Ontwikkeling van organisatoriese vaardighede deur ’n geleentheid van hulle keuse te reël.