By die Klerebank word tweedehandse skoolklere, wat in ‘n redelike goeie toestand is, teen baie billike pryse aan ouers beskikbaar gestel. Winters-, somers- en sportsdrag word by die klerebank verkoop.
Die Klerebank is afhanklik van skenkings van tweedehandse klere, voorraad word nie deur die skool aangevul nie.
Klerebank tye:
Maandae 13:15 tot 14:00
Dinsdae 07:30 tot 08:15
Woensdag 10:00 tot 10:45
Donderdae 13:15 tot 14:00
Vrydae 07:30 tot 08:15
Skenk van klere:
Skenkings van enige skoolklere word aanvaar. Klere word gewas en herstel waar nodig. Die klere wat nie verkoop kan word nie stuur ons oor die grens vir welsyn.
Verlore klere:
Die klerebank lewer ook ‘n diens om verlore klere (wat met ‘n naam gemerk is) te stoor. Ouers word aangemoedig om alle klere te merk.
Die Klerebank is ‘n diens wat uitsluitlik deur ‘n groep ouers gelewer word op vrywillige basis.