Brosjures/pamflette
Koste
- R500 per keer vir hele skool
- R250 per keer vir slegs een fase: Bv Grondslagfase (Gr R – 3) en InterSenfase (Gr 4-7)
- R150 per keer vir slegs een graad
Pamflette moet deur adverteerder verpak word in pakkies van 30 elk, pakkies per klas per graad dws 32 pakkies vir hele skool.
Pamflette moet teen Woensdag 12:00 by kantoor afgelaai word vir verspreiding op Donderdag.
Kommunikeerder
Die advertensie word gelaai onder Bronne met ‘n skakel na die elektroniese advertensie. ‘n Kort opsomming van die advertensie word onder Nuus gelys wat verwys na Bronne.
Advertensie moet in finale formaat aan ons ge-epos word.
Koste – R500
Opsit van baniere
R300 per week. Maksimum van 2 weke op ‘n slag. Ons sit dit self op.
Eikenuus nuusbrief
Ons stuur kwartaaliks ‘n nuusbrief uit na al ons ouers (een per huishouding). Die agterblad word beskikbaar gestel vir advertensiespasie.
Die nuusbrief is in A5 formaat (“portret”), deurgaans wit en swart gedruk met die omslag in kleur (advertensie is ook daarom in kleur) met ‘n oplaag van 660. Die advertensie moet in pdf formaat aan ons verskaf word.
Die koste van die advertensie is R4 000 per kwartaal.